Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! Jerusalem wat gebou is soos ‘n stad wat goed saamgevoeg is, waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE—’n voorskrif vir Israel! —om die Naam van die HERE te loof. Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
Psalm 122
Agtergrond
Ons het ‘n Israeltoer beplan vir 2023 en op ‘n baie spesiale manier het die Here ons toegelaat om te begin met die beplanning. Ons eerste droom was nog altyd gewees om Raising Generals in die praktyk te gaan uitvoer en te beleef in Israel. Om die poorte eerstehands te aanskou, om guarding te beleef op die mure van die stede waarvan die Skrif ons vertel, om op die muur van Jerusalem te stap en elke poort te besoek en nog vele meer. Die groot droom was dat al vyf ons kurrikulums verwerklik kon word in die moderne Israel. Hierdie vyf kurrikulums sou behels 1)Die Soldaat 2)Oorlogvoering 3)Die Profete 4)Openbaring en 5)Guarding en by elke besoekpunt sou een van hierdie onderwerpe van toepassing wees.
Elkeen wat aangemeld het om te gaan het ‘n mandaat van die Here ontvang asook spesifieke opdragte wat hulle daar sou moes gaan uitvoer (selfs ‘n baie kosbare liedjie). Amper was ons teleurgesteld toe die nuus ons bereik dat ons nie meer kon gaan nie, as gevolg van die oorlog wat in Israel uitgebreek het op die 7de Oktober 2023. Ons almal is welbewus van die omstandighede. So herinner Heilige Gees dan dat ons toegang in die gees het tot Israel, deur die poort wat ons het, hier in Bethlehem, na Bethlehem in Israel, met alle getuienis wat daarmee saamgaan van oor die afgelope paar jaar.
So hou ons dan steeds by ons Israeltoer deur dit te vervang met ons koferensie oor dieselfde tyd, met die program grotendeels soos wat dit sou wees in die regte Israel. Hierdie bied nou geleentheid vir ander soldate wat nie saam kon gaan nie, om ook nou hierdie belewenis saam met ons te ervaar. Laat ons gehoorsaam bly.
Kostes
Die kostes van die Konferensie beloop R 3 200.00 per persoon en sluit die volgende in:
Konferensie fooie
Koffie/Tee/Sap/Water
Verversings
Twee etes per dag
Geskenksakkies
Sluit ongelukkig nie verblyf in nie
Verblyf
Ons het ‘n blokbespreking gemaak by Park Hotel in die dorp vir die volgende redes:
Kostes is billik. Bestuur het ons tegemoet gekom met die pryse
‘n Verskeidenheid van kamerverdelings
Gerieflik naby aan die perseel waar die konferensie gehou word
Ons probeer ons konferensiegangers so naby mekaar hou as moontlik
Indien enigiemand graag hier wil tuisgaan, sien inskrywingsvorm
Park Hotel Tariewe
Dubbelkamer (Dubbelbed in elke kamer) R650.00 per kamer
Enkelkamer (1 Enkelbed in elke kamer) R450.00 per kamer
Dubbelkamer (2 Enkelbeddens in elke kamer) R650.00 per kamer, met ander woorde R325.00 per persoon wat deel
Familiekamer(1 Dubbelbed en 1 Enkelbed) R850.00 per kamer
R90.00 per persoon ekstra indien jy sou belangstel om ontbyt by die Hotel te nuttig.
Donasies en borge
Daar is geweldig baie uitgawes en onkostes verbonde aan die reëlings van so ‘n konferensie. Indien Heilige Gees dit op enigiemand se hart lê om ‘n donasie te maak of om aansoek te doen om ‘n spesifieke iets te borg, kontak groot asseblief vir Lynette persoonlik by 082 305 4149 om detail te bespreek. Wees slegs gehoorsaam indien Heilige Gees dit op julle harte lê.
Bring saam
Doopklere – eie handdoeke ens
Tekkies vir stap, stapklere
Waterbottels
Sonhoed, sonskerm ens
Bybels, shofars, baniere en alles wat die Here sê julle moet saambring.
Program
Ons neem basies die Israeltoer en stel dit in ‘n program vir die konferensie. Sover moontlik en soos Heilige Gees ons lei sal ons die toerprogram hou soos wat hy was. Dit sluit in ons P&W, ons doopdiens en ons stap op die mure van Jerusalem, met besoeke aan al die poorte.
Ons program begin reeds die aand van die 22ste Mei met ‘n P&W diens wat opsioneel is. Amptelik begin ons dan om 10:00 die Donderdagoggend, 23 Mei en maak ons klaar Sondag, die 26ste Mei om 13:00.
-
Ons gewonde Praise & Worship aand by die Kerk - almal welkom! Ons beveel dit aan!
18:00 - 19:00
-
09:00 - 09:30 • Aankoms en registrasie koffie en ontbythappies bedien
09:30 - 10:30 • Verwelkoming
10:30 - 11:00 • Inleiding - Lynette
11:00 - 12:00 • Elia/Profete – Eugéne
12:00 - 13:00 • Guarding die stad – Lynette
Masada/Jerigo/Jerusalem
13:00 - 14:00 • Middagete
14:00 - 17:00 • Ramparts - Elkeen sal hier geleentheid kry om sy woord en aksie te doen.
17:00 - 18:00 • Aandete
18:00 - 19:00 • Saligsprekinge - Niël
19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel)
-
09:00 - 09:30 • Koffie en ontbythappies bedien
09:30 - 11:00 • Tuin van Getsemane - Nagmaal
Koffie
11:00 - 12:00 • Hermon/ Hebron/ Siloam/ die nuwe tempel/Israel – Lynette
12:00 - 13:00 • Israel - Eugéne
13:00 - 14:00 • Middagete
14:00 - 15:00 • Efraim en Juda – Lynette
15:00 - 15:30 • Eugéne aan die woord
15:30 - 16:00 • Koffiebreek
16:00 - 17:00 • Eindtyd - Eugéne
17:00 - 18:00 • Aandete
18:00 - 19:00 • Laat die profete praat
19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel)
-
09:00 - 09:30 • Koffie en ontbythappies bedien
09:30 - 11:00 • Galilea P&W en Persoonlike bediening
Koffie
11:00 - 12:00 • Poorte/ Poortstede/ Bhm gate/Rebecca – Lynette
12:00 - 13:00 • Eindtyd – Eugéne
13:00 - 14:00 • Middagete
14:00 - 15:00 • Eugéne aan die woord
15:00 - 15:30 • Petra – Mikvah - Lynette
15:30 - 18:00 • Doopdiens
18:00 - 19:00 • Aandete - Bybelse ete
19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel) - Die profete kan weer praat
-
08:00 - 09:00 • Gebed voor diens0begin
9:00 - 09:30 • Opening - Lynette
09:30 - 12:00 • Erediens By die tuingraf - Nagmaal - Eugéne en Niël
Koffie
12:00 - 13:00 • Lynette sluit af: Emmaus en Dawid se 5 klippies Opsomming & Bedankings
12:00 - 13:00 • Ligte ete, groet en vertrek