Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! Jerusalem wat gebou is soos ‘n stad wat goed saamgevoeg is, waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE—’n voorskrif vir Israel! —om die Naam van die HERE te loof. Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.

Psalm 122

Agtergrond

Ons het ‘n Israeltoer beplan vir 2023 en op ‘n baie spesiale manier het die Here ons toegelaat om te begin met die beplanning. Ons eerste droom was nog altyd gewees om Raising Generals in die praktyk te gaan uitvoer en te beleef in Israel. Om die poorte eerstehands te aanskou, om guarding te beleef op die mure van die stede waarvan die Skrif ons vertel, om op die muur van Jerusalem te stap en elke poort te besoek en nog vele meer. Die groot droom was dat al vyf ons kurrikulums verwerklik kon word in die moderne Israel. Hierdie vyf kurrikulums sou behels 1)Die Soldaat 2)Oorlogvoering 3)Die Profete 4)Openbaring en 5)Guarding en by elke besoekpunt sou een van hierdie onderwerpe van toepassing wees.

Elkeen wat aangemeld het om te gaan het ‘n mandaat van die Here ontvang asook spesifieke opdragte wat hulle daar sou moes gaan uitvoer (selfs ‘n baie kosbare liedjie). Amper was ons teleurgesteld toe die nuus ons bereik dat ons nie meer kon gaan nie, as gevolg van die oorlog wat in Israel uitgebreek het op die 7de Oktober 2023. Ons almal is welbewus van die omstandighede. So herinner Heilige Gees dan dat ons toegang in die gees het tot Israel, deur die poort wat ons het, hier in Bethlehem, na Bethlehem in Israel, met alle  getuienis wat daarmee saamgaan van oor die afgelope paar jaar.

So hou ons dan steeds by ons Israeltoer deur dit te vervang met ons koferensie oor dieselfde tyd, met die program grotendeels soos wat dit sou wees in die regte Israel. Hierdie bied nou geleentheid vir ander soldate wat nie saam kon gaan nie, om ook nou hierdie belewenis saam met ons te ervaar. Laat ons gehoorsaam bly.

Kostes

Die kostes van die Konferensie beloop R 3 200.00 per persoon en sluit die volgende in:

  • Konferensie fooie

  • Koffie/Tee/Sap/Water

  • Verversings

  • Twee etes per dag

  • Geskenksakkies

  • Sluit ongelukkig nie verblyf in nie

 Verblyf

Ons het ‘n blokbespreking gemaak by Park Hotel in die dorp vir die volgende redes:

  • Kostes is billik. Bestuur het ons tegemoet gekom met die pryse

  • ‘n Verskeidenheid van kamerverdelings

  • Gerieflik naby aan die perseel waar die konferensie gehou word

  • Ons probeer ons konferensiegangers so naby mekaar hou as moontlik

  • Indien enigiemand graag hier wil tuisgaan, sien inskrywingsvorm

 Park Hotel Tariewe

Dubbelkamer (Dubbelbed in elke kamer) R650.00 per kamer

Enkelkamer (1 Enkelbed in elke kamer) R450.00 per kamer

Dubbelkamer (2 Enkelbeddens in elke kamer) R650.00 per kamer, met ander woorde  R325.00 per persoon wat deel

Familiekamer(1 Dubbelbed en 1 Enkelbed) R850.00 per kamer

 R90.00 per persoon ekstra indien jy sou belangstel om ontbyt by die Hotel te nuttig.

Donasies en borge

Daar is geweldig baie uitgawes en onkostes verbonde aan die reëlings van so ‘n konferensie. Indien Heilige Gees dit op enigiemand se hart lê om ‘n donasie te maak of om aansoek te doen om ‘n spesifieke iets te borg, kontak groot asseblief vir Lynette persoonlik by 082 305 4149 om detail te bespreek. Wees slegs gehoorsaam indien Heilige Gees dit op julle harte lê.

Bring saam

  • Doopklere – eie handdoeke ens

  • Tekkies vir stap, stapklere

  • Waterbottels

  • Sonhoed, sonskerm ens

  • Bybels, shofars, baniere en alles wat die Here sê julle moet saambring.

Program

Ons neem basies die Israeltoer en stel dit in ‘n program vir die konferensie. Sover moontlik en soos Heilige Gees ons lei sal ons die toerprogram hou soos wat hy was. Dit sluit in ons P&W, ons doopdiens en ons stap op die mure van Jerusalem, met besoeke aan al die poorte.

Ons program begin reeds die aand van die 22ste Mei met ‘n P&W diens wat opsioneel is. Amptelik begin ons dan om 10:00 die Donderdagoggend, 23 Mei en maak ons klaar Sondag, die 26ste Mei om 13:00.

  • Ons gewonde Praise & Worship aand by die Kerk - almal welkom! Ons beveel dit aan!

    18:00 - 19:00

  • 09:00 - 09:30 • Aankoms en registrasie koffie en ontbythappies bedien

    09:30 - 10:30 • Verwelkoming

    10:30 - 11:00 • Inleiding - Lynette

    11:00 - 12:00 • Elia/Profete – Eugéne

    12:00 - 13:00 • Guarding die stad – Lynette

    Masada/Jerigo/Jerusalem

    13:00 - 14:00 • Middagete

    14:00 - 17:00 • Ramparts - Elkeen sal hier geleentheid kry om sy woord en aksie te doen.

    17:00 - 18:00 • Aandete

    18:00 - 19:00 • Saligsprekinge - Niël

    19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel)

  • 09:00 - 09:30 • Koffie en ontbythappies bedien

    09:30 - 11:00 • Tuin van Getsemane - Nagmaal

    Koffie

    11:00 - 12:00 • Hermon/ Hebron/ Siloam/ die nuwe tempel/Israel – Lynette

    12:00 - 13:00 • Israel - Eugéne

    13:00 - 14:00 • Middagete

    14:00 - 15:00 • Efraim en Juda – Lynette

    15:00 - 15:30 • Eugéne aan die woord

    15:30 - 16:00 • Koffiebreek

    16:00 - 17:00 • Eindtyd - Eugéne

    17:00 - 18:00 • Aandete

    18:00 - 19:00 • Laat die profete praat

    19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel)

  • 09:00 - 09:30 • Koffie en ontbythappies bedien

    09:30 - 11:00 • Galilea P&W en Persoonlike bediening

    Koffie

    11:00 - 12:00 • Poorte/ Poortstede/ Bhm gate/Rebecca – Lynette

    12:00 - 13:00 • Eindtyd – Eugéne

    13:00 - 14:00 • Middagete

    14:00 - 15:00 • Eugéne aan die woord

    15:00 - 15:30 • Petra – Mikvah - Lynette

    15:30 - 18:00 • Doopdiens

    18:00 - 19:00 • Aandete - Bybelse ete

    19:00 - 20:00 • Praise & Worship (Opsioneel) - Die profete kan weer praat

  • 08:00 - 09:00 • Gebed voor diens0begin

    9:00 - 09:30 • Opening - Lynette

    09:30 - 12:00 • Erediens By die tuingraf - Nagmaal - Eugéne en Niël

    Koffie

    12:00 - 13:00 • Lynette sluit af: Emmaus en Dawid se 5 klippies Opsomming & Bedankings

    12:00 - 13:00 • Ligte ete, groet en vertrek

Ons sien uit om jou by die konferensie te sien en is opgewonde oor dit wat die Here in ons elkeen se lewens doen.
Mag jy oorvloedig geseën wees in Jesus.
Shalom
— Israel Konferensie Adminspan

Inskrywing vir die Israel Konferensie 2024 in Bethlehem