Shaliach Logos

Woordskool

Ons bied aan:

‘n Hartlike woord van welkom aan elkeen wat by hierdie Goddelike Inisiatief aansluit – ons vertrou dat die Heilige Gees Self jou persoonlik sal oortuig, of dalk reeds oortuig het, om deel te word. Indien nie, bid asseblief allereers vir sodanige bevestiging…

By voorbaat baie sterkte en seën op ‘n meer intensiewe geestelike lewenspad, en mag die Gees van God jou meer en meer verander na die Beeld en Gelykenis van Sy Seun Jesus Christus (2 Korinthiërs 3:18) – tot Sy verheerliking, en Sy Verheerliking alleen!

  • • Gestuur met die volle Outoriteit, die Gesindheid en Hart, van die Stuurder ≡ Christus Jesus

    • Jesus Christus is en was die volmaakte Schaliach – Gestuurde deur God die Vader met Sy volle outoriteit en Hart (Johannes 3:16, Fillipense 2: 5 – 8)

    • Goddelike Drie Eenheid – klem op die onderlinge Goddelike verhouding, en die oordra daarvan as die basis van die Evangelie.

  • • ‘n Griekse woord wat letterlik beteken “ek sê”. Verdere betekenisse sluit in woord, grondlegging en redenasie.

    • God kommunikeer met Sy Liggaam deur Verhouding, Profesie en die Woord (Logos).

    • Die Woord van God (die Bybel), sonder die Heilige Gees, is ‘n boek (godsdiens/teologie), MAAR die Woord van God geopenbaar deur die Heilige Gees word Lewe!

  • • Afrikaanse weergawe elke tweede Saterdag tussen 09h00 en 15h00.

    • Engelse weergawe sal volgens behoefte met die individue, of groep individue, gereël sal word.

  • Daar is baie pertinent besluit om NIE te probeer om akkreditasie te verkry by die huidige wêreldse Onderwyssisteme NIE – en wel om die volgende redes:

    • Die Heilige Gees moet die absolute, en finale, outeur en redakteur van die inhoud van hierdie Woordskool wees – elke gedagte, woord, aksie in, en aksie deur, Schaliach Logos Woordskool moet derhalwe 100% Heilige Gees geïnspireed wees. Menslike riglyne, reëls en regulasies plaas, en beperk, die Heilige Gees tot ‘n klein boksie (geslote sisteem).

    • Die inligting (kennis) wat deur die Liggaam van Christus versprei word, is derhalwe dikwels menslik van aard (teologie). Kennis word nooit verander tot Wysheid – Heilige Gees geïnspireerde Lewende Water nie. Die huidige Onderwyssisteme bepaal tot ‘n groot mate die inhoud van enige geregistreerde kurrikulum, wat definitief nie ons opdrag sou wees nie.

    • Ons einddoel is derhalwe nie ‘n menslik beheerde akademiese kwalifikasie nie, maar wel die vervulling van Jesus se laaste opdrag aan Sy apostels op aarde. (Matthéϋs 28:19 - 20)

  • • Natuurlik is ons Enigste en Volle Outoriteit afkomstig vanaf Christus Jesus, die Volmaakte Schaliach van die Vader, en die Logos (Johannes 1 : 1). Hierdie outoriteit word gekanaliseer deur die Heilige Gees, die Gees van Waarheid, wat ons leer van, en herinner aan, die Logos Christus Jesus. Die doel : om Hom te verheerlik deur ook ons getuienis van Hom (Johannes 14 : 26, 15 : 26, 16 : 14.)

    • Hierdie outoriteit word ontvang deur die Kerk van Haima Christou, met die geestelike beweging (spreekbuis / aksie) daarvan naamlik Haima Christou Apostolic Movement (HCAM).

    (Die volledige visie en missie en geloofsverklaring beskikbaar op versoek)

Shaliach Logos Woordskool • Jaarkursus 2024

Baie welkom by die Shaliach Logos Woordskool - Jaar 1. In die loop van hierdie jaar sal ons 'n magdom inligting deel wat daarop gemik is om jou leerervaring te verryk, jou kennis van die Bybel te vorder en om die basiese fondament in Christus te vestig.

  • 1) 10 Februarie

    2) 09 Maart

    3) 13 April

    4) 11 Mei

    5) 08 Junie

    6) 13 Julie

    7) 10 Augustus

    8) 14 September

    9) 12 Oktober

    10) 09 November

  • 09:00 • Opening, P&W

    09:15 - 10:00 • Lesing 1

    10:00 - 10:45 • Lesing 2

    10:45 - 11:00 • Teetyd

    11:00 - 11:45 • Lesing 3

    11:45 - 12:30 • Lesing 4

    12:30 - 13:15 • Middagete

    13:15 - 14:00 • Lesing 5

    14:00 - 14:45 - Lesing 6

    14:45 - 15:00 • Afsluiting en Teetyd

  • • Afrikaanse weergawe elke tweede Saterdag tussen 09h00 en 15h00.

    • Engelse weergawe sal volgens behoefte met die individue, of groep individue, gereël sal word.

  • Daar bestaan reeds so baie Bybelskole / Woordskole / Teologiese Instellings – waarom nog ‘n Woordskool begin?

    ○ ‘n Goddelike Opdrag tot ‘n Apostoliese Gesag Woordskool – die Hart en Gesindheid van God die Vader en God die Seun – aan ons oorgedra en tot Lewe gebring deur God die Heilige Gees.

    ○ ‘n Goddelike Opdrag om weer die Krag van die Ware Evangelie (Gospel) terug te bring in die Liggaam van Christus / Die Kerk. Die enigste manier sou die Heilige Gees geïnspireerde restourasie van die Vyfvoudige Bediening daarin wees

    (Die Ware Ecclesia) (Efesiërs 4: 11 – 16).

    (Natuurlik is die opdrag globaal oor die hele wêreld aan die Liggaam van Christus, en nie net aan ons nie!)

    • Godsdiens versus Evangelie ( Gospel / Goeie Nuus/ Christus Jesus )

    • Wanneer word godsdiens / teologie dan Evangelie ? (≡ Teologiese Evangelie)

    • Evangelie is die taal van die Bruid van Jesus Christus

    • As die verkondiging van die Woord leweloos sou wees, is die Ware Evangelie nie verkondig nie! Die diepte van Jesus is onuitputlik, so ook die Goeie Nuus van Sy Genade, en die diepte van Sy Liefde, en tog ook Sy Geregtigheid vir ons…

    • Die faling, en kwyning, van die moderne Kerk is grotendeels te wyte aan haar onvermoë om te getuig, en te lei, volgens die diepte en liefde en geregtigheid opgesluit in ons Rots en Hoeksteen – Jesus Christus. Vir Sy eie Liggaam, die moderne Kerk, is Jesus dikwels ‘n Steen van aanstoot, en ‘n Rots van struikeling!

    • Ons geestelike pad is gebaseer op ons verhouding met God – die ware Evangelie.

Naweek Seminare

Sekere opsionele naweekseminare is beskikbaar op aanvraag. Kontak ons persoonlik met navrae en reëlings om seminaar aanbied-geleenthede te bespeek.

  • Goddelike Huwelikseminaar : 15 - 16 Maart

Jaarkursus 2024

Kurrikulum - Globale oorsig Jaar 1

  • Hierdie opsie behels:

    • Volledige jaarkursus ingesluit

    • Shaliach Logos studiemateriaal bundel

    • Daaglikse lesingsmateriaal ingesluit

    • Verversings ingesluit

    • Let wel: Etes nie ingesluit nie (Etes sal beskikbaar wees om te koop op die dag vir R50.00)

    • Kwalifikasie vir Sertifikaat van Jaar 1: Kennis tot Wysheid - Vlees tot Gees - Slegs beskikbaar vir minstens agt lesings bygewoon

  • Hierdie opsie behels:

    • Volledige jaarkursus registrasie

    • Verversings ingesluit

    • Etes ingesluit

    • Shaliach Logos Studiemateriaal Bundel

    • Daaglikse lesingsmateriaal ingesluit (dokument apart beskikbaar per e-pos op versoek)

    • Kwalifikasie vir Sertifikaat van Jaar 1: Kennis tot Wysheid - Vlees tot Gees - Slegs beskikbaar vir minstens agt lesings bygewoon

  • • R350 per dag (etes uitgesluit)

    • Ete beskikbaar vir R50.00 (Etes moet met registrasie bespreek word)

    •Verversings ingesluit

    • Shaliach Logos Studiemateriaal Bundel apart beskikbaar

    • Daaglikse lesingsmateriaal apart bekikbaar

    • Kwalifikasie vir Sertifikaat van Jaar 1: Kennis tot Wysheid - Vlees tot Gees - Slegs beskikbaar vir minstens agt lesings bygewoon

Inskrywing opsies

Registreer of Kontak ons

Indien ons meer inligting kan stuur oor Shaliach Logos Woordskool of die individuele kursusse, stuur vir ons 'n boodskap met die besonderhede en ons sal sou gou moontlik kontak.